
Christensentrum Elspark is ‘n gemaklike, inklussiewe gemeente vir die hele gesin. Meeste van ons mense kom uit die groter Germiston, Boksburg en Brakpan gebiede en sluit areas soos Elspark, Elsburg, Lambton, Freeway Park, Sunward Park en Parkrand in.Ons het Afrikaanse oggenddienste om 09:00 en het onlangs met Engelse aanddienste begin om voorsiening te maak vir demografiese veranderinge in ons onmiddellike omgewing.Hoewel die gemeente in die verlede ‘n tradisionele herder-kudde-model gemeente was, het ons die reis begin na ‘n liggaam-van-Christus-model gemeente. Dit veronderstel die identifisering, toerusting, ontplooiing en waardering van ons lidmate se gawes tot voordeel van die gemeente en die welsyn van die gemeenskap.Ons is ‘n gemeente van die Apostoliese Geloofsending (AGS).Ons is deel van die Familia Dei Netwerk.Stappe om die livestream te kry;1. Gaan op Facebook2. Soek Christensentrum Elspark en gaan na die blad toe, hier is die skakel https://www.facebook.com/cselspark/