Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom - Podcasts
Podcast

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

0 Plays

Jaco Strydom gesels met vreemde wesens oor eienaardige dinge

Latest Episodes

Jaco Strydom gesels met Jean Cooper oor sy reis deur Afrika

16 Nov 2026
1:07:31

Jean Cooper se boek, Waar die teerpad ophou, het Augustus hierdie jaar verskyn. “Ek het met ingehoue asem saamgereis,” sê Dana Snyman op die voorblad. Nou kan ek dieselfde sê. Wat ’n verhaal! Hulle het Europa toe gery, van Pretoria af, die lang kant op deur Wes Afrika. Meer as 18 000km in 80dae. Jean het ’n Phd in bedryfsielkunde en sy vriend, De Witt Oosthuizen, is ’n mediese dokter. Daar was dik sand in Angola, gevaarlike berge op die grens van Nigerië, amper onrybare modder in Kameroen, storm…

Jaco Strydom gesels met Ryno Meyer oor Fellowship City

19 Oct 2026
21:12

"Ons aanbid in Engels, Sotho, Zulu, Sepedi, Afrikaans, Tswana, Xhosa en Tsonga. Ons preek in Engels. Ons doen dit omdat ons geroep is om mense te bereik wat nie vir Jesus ken nie, en om ’n geestelike tuiste te wees vir Christene in die area wat nie deel is van ’n kerk nie. Ons doen dit omdat ons glo dat ons mensgemaakte grense kan oorsteek en transendeer deur die krag van die evangelie. Ons doen dit omdat ons glo diversiteit ’n geskenk van God, en dat dit bedoel is om geniet en omarm te word," s…

Jaco Strydom gesels met Marius Schoombie oor donker tye en ’n vreemde lig

14 Sep 2026
19:43

Ons gesels oor misdaad. Marius Schoombie is geen polisieman of ’n kriminoloog nie — hy is ’n dominee by Stellenberg gemeente — maar hy het dit al aan sy eie lyf gevoel. ’n Paar keer. En hy het stories om te vertel! Van dit tragies en wreed, maar dan is daar ook ’n inspirerende misdaadverhaal. ’n Verhaal so beautiful dat dit mens weer hoop gee. Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Deon Els, rugby kopdokter, dominee, vredemaker . . .

17 Aug 2026
30:30

Hulle noem hom die kopdoter van die Blitzbokke, die Springbok-sewespan wat onlangs gekroon is as wêreldkampioene. Deon Els is ook predikant by Helderberg Gemeente in Somerset-Wes waar hy saam met sy vrou en hulle twee dogters woon en hy het ’n PhD in Politieke Wetenskappe gefokus Konflikbestuur, die kuns van vredemaak. “Ek spot gereeld dat as ek langs die DHL Stadion staan dan verlang ek na die kerk en as ek by die kerk is dan verlang ek na die rugby . . ." Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbo…

Jaco Strydom gesels met Frikkie Coetzee

19 Jul 2026
38:01

"Die groot gevaar is dat ons vandag wil onttrek en terugtrek en bedreig voel, terwyl die liefde van die Here ons juis oor grense vat. Wanneer ons oor grense beweeg, buite ons gemaksone, ontdek ons ’n nuwe wêreld saam met die Here . . ." Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Rikus van Zyl, ’n dominee op die platteland

15 Jun 2026
18:43

“Ek wil nooit ’n dominee op die platteland wees nie!” Hoe baie moes ek dit al hoor. Of iets soortgelyks. Veral onder jonger dominees deesdae. Ja, hulle sien dalk nog kans vir “’n klein plekkie langs die see”, sal hulle dan opmerk — die roeping Kaap toe loop al sterker — maar nie sommer vir ’n klein plekkie in die Vrystaat of Noordkaap nie. “Ek sal gaan,” sê iemand, “maar net as ’n Engel self die boodskap bring.” Rikus van Zyl is ’n dominee op die platteland in die Vrystaat, op Edenburg, 80km sui…

Jaco Strydom gesels met Santie en Henry Tyrer

18 May 2026
43:20

“Ja, so ons doen maar sulke goeters,” sê Santie Tyrer en lig haar skouers. Sy vertel van ’n vrou wie se man onlangs oorlede is: “Dit was ’n reënerige Dinsdag, en dis koud en die vrou is soos amper in ’n trans . . . jy weet. Maar dis maar hoe sy is. Om te oorleef. Want haar man het haar vreeslik . . " Hoop op wiele! [email protected] Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Rudolph Scharneck, die vlieënde dominee

12 Apr 2026
17:43

Rudolph Scharneck is ’n dominee wat graag die misterieuse stiltes van die hoogtes opsoek. Soms vind hy dit in die wilde vrede van hoë bergpieke, ander kere in die klank van die wind wanneer sy gemotoriseerde sweefgtuig die ideale hoogte bereik en hy uiteindelik die enjin kan afskakel . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Jaco Strydom with Mike and Megan Ribbens

15 Mar 2026
1:02:59

20 years ago they moved from the USA to Africa . . . “I enjoy God's abundant goodness in South Africa through great people, majestic landscapes and animals, and top-tier food, wine, and coffee. I am recharged by a meaningful conversation, trying a new vibey restaurant, and having a braai with friends as well as strangers,” says Mike . . . Kerkbode

Jaco Strydom gesels met Sané Leach

13 Feb 2026
24:56

“Waarom doen jy dit?” vra ’n besoeker. Sy was ’n welaf vrou, onthou ek, uit die Ooste van Pretoria. En ’n mens kan haar vraag verstaan. Dit was waarskynlik moeilik om te glo dat iemand doelbewus sal kies om die tipe lewe te leef . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Annatha Nel is dominee weerskante van die Oranje

19 Jan 2026
30:26

Annatha is ’n besige dominee en ’n entrepreneur. Sy het onder andere ’n skoenwinkel, Voetspore van Hoop, en haar man boer . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Hendrico Ockhuys se bediening in Ysterplaat

30 Nov 2025
14:33

Hendrico Ockhuys is deesdae ietwat van ’n legende in die Kaapse kerkomgewing, ’n mens loop hom orals raak. “Ek woon in Ystrplaat by Isibindi. Ons “huis” is uniek want dit is gebou op die verhoog van die kerksaal, my kamer is agter die verhoog in die aantrek kamers — omdat ek te dramaties is om op die stage te bly,” lag hy. Hy is ’n leier by die koshuis op die terrein vir jongmense in nood, help by die nasorg-projek en is verantwoordelik vir die hawelosebediening. Onder andere. Henrico is ’n besi…

Sanré Benadé, die dominee wat groot dinge met min regkry

17 Nov 2025
30:44

Die vroeë kerk het die gawe gehad om baie te doen met min, en dis iets wat die groter kerk vandag ook by Sanré Benadé kan leer . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Zakhe Mazibuko: Preacher, Let My People Go!

18 Oct 2025
50:15

Jaco Strydom talks to Zakhe Mazibuko about his interresting life and the new book on church and money that caused a stir amongst pastors . . . Kerkbode

Lizelle de Bruin, die mens agter die stem op RSG

15 Sep 2025
37:08

Lizelle de Bruin “bedien” tot 450 000 mense op ’n slag. Praat van ’n groot gemeente! Gewoonlik is sy aan die ander kant van die mikrofoon. Die keer kon ek die vrae vra. Ons gesels oor haar eie pad, radiojoernalistiek, haar liefde vir kuns en skryf, die kerk, die media en ’n hele lot ander goed. Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Die drie passies van Nico Smit

18 Aug 2025
13:59

Verbeel ek my of ervaar ’n al groter groep van my dominee-vriende deesdae ’n roeping van die Here Europa toe? Of na Kaapstad? En jy is reg, wie is ék om te oordeel. Ek self het al menigmaal gebid, Here stuur my asseblief na een of ander mooi plekkie in die berge of langs die see! Toe Nico Smit agt jaar gelede die roepstem hoor, wie sal Brakpan toe gaan? Het hy geantwoord: Hier is ek Here stuur my. “Ek woon in Brakpan. En kom ek sê sommer reguit: al daardie grappies wat mense maak, is nie waar ni…

Jaco Strydom gesels met Reggie Peace

12 Jul 2025
12:14

Gee ons meer vredemakers soos Reggie Peace! Meeste Suid-Afrikaners ken Reggie Peace as akteur en sanger. Maar hy word toenemend ook geken as skrywer. Sy eerste draaiboek is in 2021 verfilm en hy het ook al verhoogstukke geskryf. Sy boek, Vredemaker, het pas die lig gesien. En Vredemaker is ’n goeie titel, want Reggie het ’n manier om die vreemdste mense bymekaar te bring . . .

Nic Grobler se beelde vertel stories

17 Jun 2025
45:04

. . . Nic is soos ’n ontdekkingsreisiger en hierdie is net een van die vreemde reise van verwondering waarop sy beelde hom geneem het. Elke beeld het ’n storie. Oor en oor vertel hy hoe hy die Here se hand, nie net in die oorspronklike inspirasie nie, maar ook in die proses van die maak van ’n betrokke beeld ontdek. Al dikwels sou ’n beeld wat breek of in sy oë aanvanklik misluk, hom na ’n nuwe, beter plek lei . . . [email protected] Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in...

Jaco Strydom gesels met Len Muller

19 May 2025
20:46

Jare later hoor ek Len Muller en Steff Bos se verwerking van Sarie Marais op die radio en gooi amper die kar om. Die ou se droom het waar geword, het ek gedink en gewens ek kan hom high-five . . . https://lenmuller.co.za/ Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ivor Swartz en Jaco Strydom oor Eendag Is Te Ver

13 May 2025
55:06

Ivor Swartz en Jaco Strydom gesels op Netwerk24 oor ’n hordes dinge, o.a. jeugbediening, moeilikheid in die nuus, die kerk en die nuwe boek, Eendag is te ver ... Borg 'n bed in een van die Echo-huise

Podcasts

Comments & Reviews0