
Veg, vlug of vries – só reageer die menslike brein op gevaar. Die onsigbare vyand wat die wêreld op sy kop gekeer het, ontlok ook dié reaksie en die angsvlakke blyk die hoogte in te skiet. Maar sê Liizl Miller, 'n kliniese sielkundige van Pretoria, jy kán beheer neem oor jou angs en selfs iets goeds daarvan maak.