
Die kamer van verlate verhale bestaan uit 12 kort radiodramas, elkeen met verskillende karakters en 'n ander storielyn.Luan Jacobs, die akteur bekend vir sy vertolking van rolle in onder meer die kykNET-reeks Fynskrif asook Ballade vir ʼn enkeling, Dominee Tienie en die radiodrama Briekaandraai, het tydens inperking in sy storie-argief gaan rondkrap en in die proses 12 radiostories voltooi. Met die aanmoediging van vriende het hy besluit om dié stories te begin opneem. Met sy oop hart vir die Afrikaanse kunste het Maroela Media besluit om Jacobs te ondersteun en hom toegang gebied tot sy ateljee. Marius Vermaak, die ateljeebestuurder, het ingestem om die stories op te neem en te redigeer. Jacobs het benewens ʼn klompie vryskutakteurs ook studente van die Performing Arts Lifestyle Institute (Pali) in Pretoria genader om rolle te vertolk. In ruil vir hul betrokkenheid by dié radioteaterprojek het Jacobs hulle die geleentheid vir opleiding en ervaring gebied. Maroela Media se eie Elana B