
Eksderde Jeug en Kinderkampe is gratis kampe vir tieners en kinders met die mikpunt om die evangelie op ‘n relevante manier aan hulle bekend te stel. Sedert 2006 bied ons tydens skoolvakansies jeug en kinderkampe aan. Sedert 2010 is die kampe gratis! Daar is maandeliks ook gratis manne- en vrouekampe. Ons wil die hele gesin bedien en sodoende die hele land positief beinvloed.